Modulekode | MKI 420 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie |
Module-inhoud | Basiese kernfisika: definisies en konsepte (kernreaksie, bindingsenergie, dwarssnit, regulateur, reflektor, ens.). Basiese reaktorfisika: diffusievergelyking en randwaardes, groepdiffusiemetodes, reaktorkinetika. Tipe reaktors: drukwaterreaktors, kookwaterreaktors, gasverkoeldereaktors. Kernbrandstofsiklus (insluitende kernafval). Reaktormateriale: brandstof, remstof, koelmiddels, reflektors, strukture, sisteme of komponente. Reaktorveiligheid: biologiese effekte van straling, stralingafskerming, beginsels van kernveiligheid onder meer met verwysing na meteorologie. Ongelukke. |
Modulekrediete | 16.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 praktiese sessies per week, 1 besprekingsklas per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Akademiese organisasie | Meganiese en Lugvaartkundige I |
Aanbiedingstydperk | Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App